Enkelmedium-Afrikaanse skole het onder die ANC-regering sedert 2002 met byna ‘n derde verminder wat as bewys dien dat die aanslag teen Afrikaans ook op basiese onderwysvlak hewig is, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor basiese onderwys.
In antwoord op ‘n parlementêre vraag van die VF Plus het die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, gesê sy het nie syfers sedert 1994 tot haar beskikking nie, maar dat die aantal Afrikaanse skole afgeneem het vanaf 1814 in 2002, tot slegs 1234 in 2016. (Vrae en antwoorde hierby aangeheg).
As rede hiervoor sê die minister dit is weens ‘n ‘groter aanvraag’ van leerlinge na Engels en ‘n ‘afname’ in die aantal Afrikaanse leerlinge by skole.
Adv. Alberts sê hy vind die minister se antwoorde verstommend en die VF Plus se waarneming is allermins dat daar ‘n afname in die aantal Afrikaanse leerders is, maar dat daar eerder ‘n doelbewuste en stelselmatige uitwissing van Afrikaans in skole plaasvind.
“Daar is ‘n aggressiewe houding teenoor Afrikaans waar skole gedwing word om andertalige leerlinge in te neem waarna die proses van dubbelmedium en later totale verengelsing vinnig volg. ‘n Groot rede hiervoor is omdat daar nie nuwe skole gebou word nie en baie bestaande skole verwaarloos en in onbruik verval het.
“Gauteng se LUR van onderwys, Panyaza Lesufi, se ongenaakbare stryd teen Afrikaanse skole dien as bewys hiervan.
“Ek sal gewis opvolgvrae aan die minister stel om te hoor op grond waarvan haar aannames berus. Dit behoort van objektiewe, wetenskaplike studies te kom. Ek sal haar ook weer konfronteer oor die beskerming van Afrikaanse skole en die skep van skole vir ander moedertale om Afrikaans sodoende te beskerm,” sê adv. Alberts.
Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403
Vrae en antwoorde:
Adv A de W Alberts (FF Plus) to ask the Minister of Basic Education:†
(1) Whether she has found that the number of single-medium Afrikaans schools has displayed an upward trend since 1994; if so, (a) what number of schools in each year since 1994 occurs (i) separately in each province and (ii) in total throughout the country and (b) what are the reasons for this in each case;
(2) whether she has found that the number of schools displayed a downward trend in the specified period; if not, what are the full relevant particulars; if so, what steps she will take to protect the specified schools? NW1817E
RESPONSE:
(1)(a)(i)(ii)
Please note that the data for 1994 is not available. However, the earliest date for which the Department of Basic Education (DBE) has reliable information is 2002. Table 1 below shows the number of Afrikaans single medium schools over 10 years using 2002 as a baseline. In 2002, there were 1 814 Afrikaans single medium schools in South Africa. The majority of these schools were found in the Western Cape, followed by the Northern Cape with 289 schools.
(1)(b)
(i) The demographics in the area of some schools have changed. In response to the growing number of learners wanting English as the Language of Learning and Teaching (LOLT), the schools have introduced English as second language of instruction.
(ii) Declining number of Afrikaans speaking learners forces the schools to revert to parallel-medium (English/Afrikaans) schools.
(2) The number of Afrikaans single medium schools shows a decrease from 1 814 in 2002 to 1 234 in 2016. The major decrease took place in 2010 where the number of Afrikaans medium schools dropped by 158 schools.
Note that the only increase in the number of Afrikaans medium schools occurred between the years 2005 – 2008. The rest of the years recorded indicate a decrease.