fbpx
Vryheidsfront Plus

Nuwe R28-pad tussen Hillshaven en Vereeniging in gehawende toestand

Die VF Plus het die Gautengse LUR vir paaie en vervoer, Jacob Mamabolo, versoek om dringend ondersoek in te stel en verslag te lewer oor die onderhoudswerk aan die R28-pad tussen Hillshaven en die N1-aansluiting na Vereeniging.

Die R28 wemel van slaggate en die teeroppervlak is aan die verkrummel skaars twee en ‘n halfjaar nadat dit oorgebou is en met groot fanfare heropen is.

Die R28 was vir agtien maande gesluit totdat bouwerk in 2019 voltooi is.

Intussen is kontrakteurs aangestel om slaggate, wat kort na voltooiing voorgekom het, te herstel.

Die herstelwerk is van korte duur en slaggate vermeerder in so ‘n mate dat motors gereeld daarin beland en buitebande verloor.

In baie gevalle word twee bande tegelyk beskadig en motoriste word gedwing om hulp te soek wat baie gevaarlik is. Van die motorbestuurders wat noodgedwonge langs die pad moet stop om buitebande te ruil, is al beroof.

Die situasie vererger wanneer dit reën en motorbestuurders nie die slaggate, waarvan sommige tot 30cm diep is, sien nie.

Daar kan nie toegelaat word dat kontrakteurs met belastinggeld substandaard werk doen wat tot onnodige lewensverlies kan lei nie.

Die VF Plus sal ook by Mamabolo daarop aandring dat hy saam met die party ‘n oorsigbesoek aan die pad bring om eerstehands te sien wat motoriste op ‘n daaglikse basis moet trotseer.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.