Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Misdadigers slaan weer toe op ʼn mini-substasie in Kemptonpark

ʼn Mini-substasie op die hoek van Bloemkomdraai- en Opsaalstraat in Kemptonpark-Wes, is Maandagnag (30 Junie) gevandaliseer en huishoudings sonder krag gelaat.

Die substasie word nou gesloop en met ʼn nuwe, moderne substasie vervang.

Kemptonpark-Wes is bekend daarvoor dat misdadigers mini-substasies teiken wat infrastruktuur vinniger vernietig as wat dit herstel kan word. Dit veroorsaak ‘n groot bykomende las op infrastruktuur en openbare veiligheid.

Die VF Plus veroordeel die aanvalle op infrastruktuur ten sterkste en het ʼn beroep op die Ekurhuleni-metro gedoen om dringend plaaslike en private sekuriteitsmaatskappye aan te stel om te help met die beskerming van sleutelinfrastruktuur.

Hierdie is nie meer klein misdade nie, maar ʼn gekoördineerde oorlog teen Kemptonpark se infrastruktuur.

Die metro het geen ander keuse as om nou op te tree nie. Gemeenskapbeskerming is nie meer genoeg nie.

Die VF Plus het ook inwoners aangemoedig om waaksaam te wees en indien enige verdagte aktiwiteite waargeneem word, dadelik die naaste polisiekantoor te skakel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.