Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni moet verantwoordelikheid neem vir foutiewe kragtariewe

Die VF Plus in Ekurhuleni neem kennis van die Ekurhuleni-metro se erkenning dat sekere inwoners op 1 Julie  foutiewe elektrisiteitstariewe betaal het as gevolg van ‘n tegniese fout in die stelsel.

Hoewel die metro die fout erken en bevestig het dat die regstellings vanaf 2 Julie 2025 in werking sal wees, bly die VF Plus bekommerd oor die administratiewe nalatigheid wat tot die fout gelei het

Die fout spruit uit ‘n verskil tussen skedule 2-tariewe wat op die metro se webwerf verskyn het en op die stelsel toegepas is, en bylaag F-tariewe wat op 29 Mei 2025 deur die raad goedgekeur is.

Vergelyking van tariewe:

Skedule 2 (foutiewe tariewe wat toegepas is)Bylaag F (korrekte, goedgekeurde tariewe):
0–50 kWh – R2.820–50 kWh – R2.59
50–600 kWh – R2.8250–600 kWh – R2.59
600–700 kWh – R4.41600–700 kWh – R4.03
Meer as 700 kWh – R11.44Meer as 700 kWh – R10.43
Basiese fooi (Tarief A2): R142.50Basiese fooi (Tarief A2): R109.78

Die fout het daartoe gelei dat duisende inwoners op 1 Julie onregmatig meer vir krag betaal het.

Die mees omstrede aspek was die verkeerde basiese heffing van R142.50, wat vooraf vir kragaankope afgetrek is. Dit beteken inwoners het minder eenhede ontvang as waarop hulle geregtig was.

Die VF Plus verwelkom die metro se aankondiging dat inwoners wat op 1 Julie 2025 benadeel is, ’n terugbetaling in kWh-eenhede kan kry.

Die metro moedig inwoners wat hierdeur benadeel is aan om met hul kragmeternommer hul naaste kliёntedienssentrum te besoek om die saak reg te stel.

Die VF Plus dring egter aan op die volgende:

  • Volledige en proaktiewe kommunikasie van die metro aan alle verbruikers, sodat elke benadeelde inwoner bewus is van hul reg op vergoeding.
  • ’n Onafhanklike ondersoek na hoe die fout ontstaan het, wie verantwoordelik was en watter stappe geneem word om herhaling te voorkom.
  • Die onmiddellike verwydering van foutiewe tariefinligting van die webwerf en bevestiging van implementering van slegs Bylaag F-tariewe, soos goedgekeur deur die raad.
  • Verslagdoening aan die raad oor hoe die terugbetalingsproses verloop, en watter kontroles ingestel is.

Die VF Plus het teen die verhoging van die kragtariewe gestem en waarsku dat selfs ‘n sogenaamde “tegniese fout” nie sonder gevolge moet bly nie. Dit wys op ’n groter probleem van swak administrasie en ’n gebrek aan verantwoordbaarheid.

Die party sal nie huiwer om verdere stappe te neem nie, insluitend klagtes by Nersa en/of die openbare beskermer indien die metro nie ten volle aan sy plig voldoen om die publiek in te lig en reg te laat geskied nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.