Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwerp hersiene begroting van Dr. Beyers Naudé-munisipaliteit oor diensleweringskrisisse

Die hersiene begroting van die Dr. Beyers Naudé-plaaslike munisipaliteit is bloot ‘n weerspieëling van die voortdurende wanbestuur en diensleweringsversuim van dié munisipaliteit.

Die langdurige waterkrisis vererger en inwoners van Graaff-Reinet, Aberdeen, Jansenville en omliggende dorpe sukkel lank reeds met onbetroubare watervoorsiening.

Die munisipaliteit het lank versuim om die nodige herstelwerk aan boorgate en pypleidings te doen om watervoorsiening te verseker. Die VF Plus het dié gebrek aan instandhouding en die gesondheidsrisiko’s vir inwoners reeds uitgelig in ‘n mediaverklaring.

Die hersiene begroting maak nie voldoende voorsiening om hierdie krisis aan te spreek nie.

Die party is teleurgesteld oor die munisipaliteit se versuim om ’n duidelike, uitvoerbare herstelplan vir die dorpe voor te lê. Herhaalde versoeke vir strategiese ingryping is geïgnoreer. Dit is ‘n skending van inwoners se grondwetlike reg op basiese dienslewering.

Hoewel die volledige begroting op die munisipaliteit se webwerf beskikbaar is, meen die VF Plus dat fondse nie na die dringendste behoeftes gekanaliseer word nie.

Basiese dienste bly onderbefonds, en daar is geen duidelike visie vir volhoubare ontwikkeling in landelike gebiede nie.

Die party waarsku verder dat Eskom se finansiële onstabiliteit, tesame met munisipale skuld van meer as R100 miljard, ’n toenemende las op plaaslike gemeenskappe plaas. Sonder proaktiewe en deursigtige leierskap sal die situasie net versleg.

Die VF Plus dring aan op onmiddellike optrede en verantwoordbaarheid van die munisipale bestuur om inwoners se regte en lewensgehalte te beskerm.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.