Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Kabeldiewe slaan toe op Birchleigh in Kemptonpark

Kabeldiewe het gisteraand (30 Junie) weer in Birchleigh toegeslaan en kragkabels in Limbalaan gesteel.

Hierdie is nie ʼn geïsoleerde geval nie en is ‘n groeiende bydraende faktor tot infrastruktuur-ineenstorting wat veroorsaak word deur verwaarlosing, onbevoegdheid en ʼn politieke wil wat ontbreek om werkende standaarde te handhaaf.

Die VF Plus het al herhaaldelik geëis dat die Ekurhuleni-metro stukkende straatligte herstel wat gebiede soos Birchleigh maklike teikens vir misdadigers maak.

Die ANC/EFF-koalisieregering van die Ekurhuleni-metro ignoreer keer op keer die VF Plus se oproepe om op te tree.

Ekurhuleni se versuim om basiese infrastruktuur in stand te hou het woonbuurte in ʼn jagveld vir sindikate verander, terwyl wetsgehoorsame inwoners die gevolge moet dra om dae en selfs weke sonder krag, water en in gevaar te leef.

Vandag is ook die dag waarop die metro veronderstel is om die omstrede kabeldiefstal-toeslag van R1745.00 amptelik te skrap.

Inwoners wie se kabels gesteel is, moes tot en met gister dié bedrag aan die metro betaal as deposito vir herstelwerk. Die VF Plus het daarteen beswaar aangeteken waarna die metro besluit het om dit te skrap.

Ekurhuleni se inwoners verdien beter as ʼn regering wat nie aanspreeklikheid vir wil aanvaar nie.

Die VF Plus doen weer ʼn beroep op die Ekurhuleni-metro om plaaslike sekuriteitsmaatskappye in diens te neem om infrastruktuur te beskerm.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.