fbpx
Vryheidsfront Plus

Ministerspos vir VF Plus-leier noodsaak geringe skuiwe aan party se parlementêre leierskorps

Die aanwysing van die VF Plus se leier, dr. Pieter Groenewald, as minister van korrektiewe dienste, het geringe skuiwe aan die party se parlementêre span genoodsaak.

Dr. Corné Mulder, Suid-Afrika se langsdienende parlementslid in die huidige bedeling, is aangewys as die party se parlementêre leier. Hy was voorheen die hoofsweep.

Wouter Wessels is in dr. Mulder se plek aangewys as hoofsweep terwyl Heloïse Denner aangewys is as sweep.

Wessels is ook verkies as die voorsitter van die Nasionale Vergadering (NV) se staande komitee oor die ouditeur-generaal (OG).

Die res van die parlementêre span bestaan uit; dr. Wynand Boshoff, Philip van Staden, Tammy Breedt en Kobus van den Berg.

Hierdie nuwe termyn waar geen party ‘n meerderheid in die parlement het nie, bied die geleentheid om werklike oorsig en verantwoordbaarheid te verseker.

Die VF Plus se span is ten volle toegewyd aan hierdie taak en sal alles moontlik doen om sy oorsigrol met ywer te speel en die party se verkiesingsvisie uit te voer om te help om Suid-Afrika te herstel en te bou.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.