Die luukse personeeldorp wat net buite Mbombela/Nelspruit vir hooggeplaastes in Mpumalanga se provinsiale regering gebou word, gaan vermoedelik nou nóg meer kos.
Dit volg nadat die datum vir die voltooiing van die werk nogmaals uitgestel is.
Die personeeldorp, wat reeds meer as R600 miljoen kos, sou aanvanklik in 2018 klaar gewees het. Daarna is die voltooiing aangeskuif tot 2020, toe 2022 en toe tot Junie 2023.
Die departement van openbare werke het nou weer die datum aangeskuif, maar kan in hierdie stadium nie ’n nuwe datum vir voltooiing vasstel nie.
Die tender vir die konstruksie van die hoofgeboue het onlangs heropen, wat ’n vraagteken oor die aanstellingsproses van die vorige konstruksiemaatskappy plaas.
Die personeeldorp sal bestaan uit 31 luukse huise vir die premier, die speaker en die lede van die uitvoerende raad (LUR’e), ’n groot ontspanningsarea met ’n swembad en gimnasium, kantoor- en sekuriteitsgeboue en ’n helikopterblad.
Die totale vloeroppervlakte van die premier se huis is 980 vierkante meter, die speaker se huis is 913 vierkante meter en ’n gastehuis vir besoekende staatsamptenare is 882 vierkante meter.
Die 12 vierslaapkamerhuise vir LUR’e sal elk ongeveer 596 vierkante meter groot wees en die 16 drieslaapkamerhuise vir die lede van die provinsiale wetgewer elk sowat 376 vierkante meter.
Die aanvanklike goedgekeurde omvang van die personeeldorp was aanvanklik vir 15 000 vierkante meter. Dit is intussen aangepas tot 20 000 vierkante meter.
Die VF Plus in Mpumalanga het weereens vrae gestuur aan die LUR vir openbare werke, mnr. Mandla Ndlovu, vir klaarheid oor die saak.
Hierdie vermorsing van belastingbetalers se geld kan nie verder geduld word nie.
Mpumalanga verdien beter as die ANC.
Navrae: 084 652 9164 / 066 376 3329