Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Limpopo: VF Plus veroordeel afbrand van boer se huis en besittings

Die VF Plus veroordeel die afbrand van ʼn huis van ‘n  boer mnr. Karel Potgieter met al sy besittings.

Die plaas is geleë in Munnik in die Sekgopa Modjadjieskloof-distrik sowat 50km buite Polokwane/Pietersburg.

Mnr. Potgieter het eergister (4 Junie) van die winkels teruggekeer net om sy plaashuis in ligte laaie aan te tref. Die huis het tot op die grond afgebrand.

Mnr. Potgieter en sy bure is vir jare  gewikkel in ʼn stryd met die plaaslike gemeenskap wat suksesvol geslaag het met ‘n grondeis op drie naburige plase.

Die Sekgopa-gemeenskap was tot so onlangs as drie weke gelede nog met die oorblywende plaaseienaars in ʼn vergadering waar hulle ook dié se grond versoek het.

Daar was ook in die verlede dreigemente dat die plaaseienaars met geweld verwyder sal word.

Die polisie het ʼn saak van brandstigting geopen. Geen verdagtes is al in hegtenis geneem nie.

Hierdie voorval is ʼn aanduiding dat die grondkwessie en sekere politieke partye se uitsprake in dié verband, die vonk kan wees wat kruitvat aan die brand steek.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.