Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Meer as duisend gesinne sonder inkomste weens NMBM se verval onder ANC-koalisie

Die nuus dat Goodyear Suid-Afrika sy vervaardigingsaanleg in Uitenhage/Kariega gaan sluit, kom as ’n ernstige slag vir die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) en die plaaslike ekonomie.

Meer as ‘n duisend werknemers en hul gesinne staar ’n onseker toekoms in die gesig.

Dit gebeur in ’n metro waar werkloosheid reeds 33% bereik het, met werksgeleenthede wat jaarliks afneem.

Die VF Plus in Nelson Mandelabaai het oor ’n lang tyd die ANC/EFF-koalisieregering gewaarsku oor die kritieke behoefte aan behoorlike dienslewering en infrastruktuurinstandhouding. Maatskappye soos Goodyear is afhanklik van betroubare elektrisiteit-, water- en sanitasievoorsiening om volhoubaar te funksioneer.

Die harde werklikheid is dat Nelson Mandelabaai se infrastruktuur-netwerk tans ineenstort weens swak bestuur, korrupsie en politieke onvermoë.

In plaas van proaktiewe infrastruktuur-opgradering, word korttermyn-oplossings toegepas, wat lei tot voortdurende krag- en watervoorsieningsonderbrekings. Dit het direkte negatiewe gevolge vir vervaardigingsondernemings. Die VF Plus het reeds gewaarsku dat hierdie praktyke ondernemings sal verdring en werksgeleenthede sal laat verdwyn – ’n scenario wat nou ’n realiteit geword het.

Die ANC/EFF-koalisie dra die volle verantwoordelikheid vir die verval van dienslewering, wat ’n onvolhoubare beleggingsomgewing geskep het. Dit is geen verrassing nie dat Goodyear, soos ander maatskappye, nou hul deure sluit nie.

Die VF Plus doen ’n dringende beroep op die metro-bestuur om infrastruktuur-prioriteite te hersien en te fokus op volhoubare dienslewering wat ondernemings in die metro kan behou en laat floreer.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.