Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus staan mosie teen om Eerste Wêreldoorlog-monument in Germiston te verwyder

Die VF Plus het teen ʼn mosie van die ANC gestem tydens ʼn vergadering van die Ekurhuleni-metroraad wat vra vir die verwydering van die Eerste Wêreldoorlog-monument in Germiston.

Dié monument is opgerig vir Suid-Afrikaanse soldate wat in die Eerste Wêreldoorlog gesneuwel het.

Volgens die ANC is dit ʼn apartheidsmonument.

Die VF Plus het hulle daarop gewys dat die Eerste Wêreldoorlog in 1918 geëindig het 30 jaar voor apartheid in 1948 ingestel is.

Om ‘n monument wat Suid-Afrikaners se opoffering en dapperheid herdenk te verwyder op grond van ‘n grief uit die apartheidsera, is beide histories onakkuraat, moreel ongeregverdig en getuig van onkunde.

Die ANC se argument is gegrond op die teenwoordigheid van die Afrikaanse inskripsie; “aan ons roemryke dood”, wat volgens hulle die waardes van ‘n demokratiese en nie-rassige samelewing weerspreek.

Die VF Plus glo egter dat eenheid bereik word deur historiese narratiewe uit te brei – nie deur hulle uit te wis nie.

Die VF Plus het verder beklemtoon dat meer as 25 000 swart Suid-Afrikaners in die Eerste Wêreldoorlog gedien het waarin meer as 1 200 het hul lewe verloor het. Dit sluit die meer as 600 in wat verdrink het tydens die sinking van die SS Mendi – ‘n grootliks onvertelde verhaal.

Die VF Plus het die raad gevra om nie monumente af te breek nie en eerder daarop te fokus om nuwe standbeelde te bou. Hierdeur kan onbekende verhale vertel word van swart en bruin mense wat hul lewe vir die land opgeoffer het.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.