fbpx
Vryheidsfront Plus

Kabeldiefstal neem toe in Kemptonpark

Die VF Plus is bekommerd oor die toenemende kabel- en elektriese komponente-diefstal in Kemptonpark in die Ekurhuleni-metro.

Oor die afgelope maande is ʼn drastiese toename in dié soort misdaad gesien wat ondernemings, huishoudings en openbare infrastruktuur negatief raak.

Die VF Plus se eie rekord van klagtes wat ontvang is, dui daarop dat die gevalle van kabeldiefstal vanaf 12 in September tot 34 in Oktober gestyg het.

Plaaslike ondernemings ly ernstige finansiële verliese weens die misdaad. Dit beïnvloed ook die gemeenskap se lewenskwaliteit en hou ernstige veiligheidsrisiko’s in.

Die VF Plus werk nou met die metro saam om die probleem aan te spreek, maar dit is duidelik dat ʼn omvattende strategie en gemeenskapsbetrokkenheid nodig is om die probleem hok te slaan.

Inwoners word aangemoedig om waaksaam te wees en enige verdagte aktiwiteit in hul woonbuurte aan te meld.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.