fbpx
Vryheidsfront Plus

Korrektiewe dienste se laksheid belemmer polisie-doeltreffendheid in Noordwes

Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, het in antwoord op ʼn parlementêre vraag in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), erken dat die department van korrektiewe dienste (DKD) vir bykans drie jaar gesloer het om met herstelwerk by die Potchefstroomse tronk te begin nadat ʼn gedeelte in 2020 in ʼn brand beskadig is.

ʼn Kontrakteur is eers in Maart vanjaar aangestel om die herstelwerk te doen en die projek sal volgens die minister teen Maart 2025 voltooi wees.

Die brand het twaalf selle beskadig en 386 verhoorafwagtende gevangenes moes na ander aanhoudingsgeriewe oorgeplaas word. ʼn Groot aantal van hierdie gevangenes is na polisieselle in Potchefstroom en die naburige dorpe Stilfontein en Klerksdorp oorgeplaas.

Daar word tans steeds 84 verhoorafwagtendes in polisieselle aangehou wat ʼn groot las op die polisie se mannekrag en hulpbronne plaas. Dit is bekend dat die polisie lank reeds gebuk gaan onder ʼn gebrek aan personeel en operasionele hulpbronne.

Hierdie situasie is totaal onaanvaarbaar. Die bewaring van gevangenes is in die eerste plek nie die polisie se taak nie, en tweedens is dit skandelik dat skaars polisie-hulpbronne wat inwoners se veiligheid moet verseker, nou vir korrektiewe toesig aangewend word.

Dit is duidelik dat die ANC-regering nie in staat is om professioneel en doeltreffend te regeer nie. Die VF Plus sal aanhou stry vir doeltreffende regering wat die land se behoeftes en inwoners se veiligheid eerste stel.

Suid-Afrika verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.