fbpx
Vryheidsfront Plus

JB Marks-burgemeester sluit VF Plus-voorstelle by infrastruktuur-herstelplan in

Die burgemeester van die JB Marks-plaaslike munisipaliteit (Potchefstroom en Ventersdorp), me. Mapule Mataboge, het vandag die versekering gegee dat voorstelle van die VF Plus vir die dringende herstel en opgradering van infrastruktuur in JB Marks, deel sal vorm van die munisipaliteit se herstelplan.

Die herstelplan sal drie maande beloop en me. Mataboge het die voorstelle van die VF Plus vandag amptelik in ontvangs geneem.

Die oorhandiging van die voorstelle volg op ‘n oorsigvergadering van die parlementêre komitee vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) vroeër die week, waar die VF Plus weereens daarop gewys het dat die infrastruktuur, en veral die waterinfrastruktuur in Potchefstroom en Ventersdorp, teen ‘n ontstellende pas verval.

Mataboge het die party hierop versoek om ‘n gekonsolideerde lys voorstelle voor te berei vir oorhandiging vandag.

Die VF Plus het in sy voorstelle ook klem gelê op die verval van die dorpe se strate en die groot aantal straatligte in JB Marks wat buite werking is en ‘n onveilige omgewing skep.

Die VF Plus sal voortgaan om die herstelproses te monitor en verdere druk toe te pas om te verseker dat dienslewering in Potchefstroom en Ventersdorp voorrang geniet en infrastruktuur só herstel word dat JB Marks weer ‘n voorkeurbestemming vir beleggers word.

Dit is van kritieke belang dat kiesers in die volgende verkiesing saam met die VF Plus sal opstaan en saamstaan teen die ANC, en met hul stemme seker maak dat plaaslike regerings nie gedurig aangewese is op herstelplanne en ingrypings om basiese dienslewering aan inwoners te verseker nie.

Die ANC moet uit plaaslike regering verwyder word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.