fbpx
Vryheidsfront Plus

Ironie dat nasionale vergadering se speaker moet voorsit om Hlope se toekoms te bepaal

Dit is ironies dat die speaker van die parlement se nasionale vergadering (NV), Nosiviwe Mapisa-Nqakula, wat pas in haar amp ingesweer is deur John Hlope, regter-president van die Wes-Kaap, die proses sal moet lei om Hlope moontlik uit sy amp te verwyder.

Die besluit van die Regterlike Dienskommissie (RDK) om regter Hlope in ‘n staat van beskuldiging te plaas, kom skaars ‘n week nadat hy as voorsittende beampte opgetree het tydens die verkiesing van Mapisa-Nqakula as die nuwe speaker van die NV.

Hlophe is in Desember 2020 onder leiding van afgetrede regter Joop Labuschagne skuldig bevind aan growwe wangedrag nadat hy gepoog het om in 2012 twee regters in die Grondwethof onregmatig te beïnvloed om oudpresident Zuma te bevoordeel. Dit was nadat hy probeer het om op lasbriewe beslag te lê vir bewysstukke van 93000 bladsye waarin getuienis van die korrupsieverhoor vervat is.

Die stemming om regter Hlophe uit sy amp te verwyder in die NV sal met ‘n meerderheid stem van twee derdes bekragtig moet word.

Die VF Plus sal druk plaas op die ANC om onder leiding van Mapisa-Nqakula ten gunste daarvan te stem dat die regter uit sy amp te verwyder word.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.