fbpx
Vryheidsfront Plus

Van Zyl-plaasmoord: VF Plus verwelkom hofuitspraak

Die VF Plus verwelkom die uitspraak van Limpopo se hooggeregshof in Polokwane (Pietersburg) wat twee lewenslange vonnisse aan Mpho Mbuyane opgelê het vir die dubbele moord op die egpaar Piet en Tilla van Zyl.

Die egpaar is op 20 Augustus 2017 op hul wildsplaas Kalkpoort buite Zebediela in die Immerpan-distrik vermoor.

Mbuyane is ‘n verdere 15 jaar tronkstraf opgelê vir huisroof.

Die VF Plus wil sy dank uitspreek teenoor die polisie se misdaadintelligensie-, opsporings- en ondersoekeenhede en die Heritage Protection Group (HPG) se harde en onvermoeide werk wat tot die inhegtenisneming van Mbuyane gelei het.

Hierdie is ‘n bewys dat die samewerking tussen die polisie, die gemeenskap, private sekuriteitsmaatskappye en die howe belangrik is om die euwel van plaasaanvalle en -moorde uit te roei.

Die VF Plus spreek sy hoop uit dat die swaar strawwe wat howe aan sulke oortreders oplê, sal dien as afskrikmiddel vir ander wat soortgelyk misdade beplan.

Navrae: 066 024 4623

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.