Dit grens aan ‘n wonderwerk dat die ANC eindelik stappe geneem het teen ‘n openbare onderneming en probeer huis skoonmaak waar daar groot wanbestuur voorgekom het, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus-voorsitter en parlementêre woordvoerder oor vervoer.
Adv. Alberts sê die minister van vervoer het werklik geen ander keuse gehad as om die raad te ontbind wat hoegenaamd nie in staat was om op enige wyse sinvol te funksioneer nie.
“Die groot vraag is met wie hierdie mense vervang gaan word. Gaan daar werklik ‘n verbetering kom? Gegewe die staatskaping- en selfverrykingsatmosfeer wat onder pres. Jaco Zuma posgevat het, is dit moeilik om te sien dat ‘n raad aangestel sal word wat die situasie sal omdraai en erns het met korrupsie.
“Die VF Plus sal die situasie deeglik monitor en is saam met alle Suid-Afrikaners hoopvol dat daar tog ‘n verbetering sal kom. Maar net die tyd sal leer of die situasie wel omgedraai kan word en of Prasa enige toekoms het,” sê adv. Alberts.
Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403