fbpx
Vryheidsfront Plus

Provinsiale begroting van die Vrystaat maak steeds voorsiening vir onnodige luukshede

Gegewe die huidige ekonomiese krisis waarin die Vrystaat en Suid-Afrika verkeer het die LUR vir finansies in die Vrystaat, me. Elzabe Rockman, min tot geen beweegruimte gehad om werklik ‘n provinsiale begroting ter tafel te lê wat die tekortkominge effektief sal aanspreek nie, het Wouter Wessels VF Plus-LPW in die Vrystaatse Wetgewer na afloop van die Vrystaatse begrotingsrede gesê.

Wessels meen die regering het geen oplossing vir die buitensporige en onvolhoubare toename in die salarisrekening van die provinsiale regering nie. Die salarisrekening sal met 8.3% in die komende finansiële jaar toeneem , teenoor die 4.1% toename in die huidige finansiële jaar.

Die billike aandeel wat aan die provinsie toegedeel word vir die komende finansiële jaar het met minder toegeneem as vorige jare en plaas die provinsie dus reeds in ‘n agterstand.

Die kostebesparingsmaatreëls beteken min indien daar voortgegaan word om gefaalde projekte soos die Xhariep-visteelprojek te befonds. Ook die befondsing van nie-noodsaaklike projekte en items, soos die provinsiale tydskrif, indabas en ekspo’s is luukshede wat geen plek in ‘n sukkelende provinsiale begroting het nie.

Die kantoor van die premier het reeds R19 miljoen in die 2016/17-aansuiweringsbegroting ontvang, hy sal ‘n verdere R564.9 miljoen in die 2017/18-begroting ontvang. Dit is onaanvaarbaar dat die departement van die premier wat ‘n nie-dienslewering departement is tans 628 amptenare in diens het.

“Die ANC-regering het die Vrystaat in ‘n afwaartse spiraal waar 75% van die begroting aan maatskaplike ontwikkeling, soos onderwys, gesondheid en behuising besteë word. Alhoewel hierdie maatskaplike dienste noodsaaklik is, moet daar meer fondse aan ekonomiese funksies soos veral infrastruktuurontwikkeling geallokeer word sodat ekonomiese groei, werksgeleenthede geskep deur die privaatsektor en die uitroei van armoede bewerkstellig kan word,” het Wessels gesê.

 

Kontakbesonderhede: 082 674 6670

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.