fbpx
Vryheidsfront Plus

Gerugte oor cholera moet bewys word

Die VF Plus veroordeel die vals gerugte wat op sosiale media versprei word wat beweer dat die cholera-uitbraak vroeër vanjaar sy ontstaan by die Rooiwal-rioolsuiweringsaanleg gehad het.

Die party daag almal uit wat sulke gerugte versprei om dit te staaf met die bevindings van geakkrediteerde laboratoriums.

Tydens die cholera-uitbraak in Mei vanjaar in Hammanskraal, het die Gauteng-provinsie en die nasionale water en sanitasie-departemente daagliks watermonsters geneem en na verskeie laboratoriums gestuur vir ontleding. Dié laboratoriums is goedgekeur en geakkrediteer.

Die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad (WNNR) en die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (Nios) was ook deurgaans betrokke.

Die laboratoriums het bevestig dat daar geen cholera in die watermonsters teenwoordig was nie.

Die Tshwane-metro se departement van gesondheid neem self ook gereeld watermonsters uit die metro se waterbronne om die gehalte te bepaal.

Die VF Plus beskou die gerugte as kwaadwillig en kan inwoners verseker dat die water in hul krane veilig is vir menslike gebruik.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.