fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis dringende antwoorde rondom voortslepende waterkrisis in Ba-Phalaborwa

Die VF Plus eis nou dringend antwoorde aangaande die voortslepende waterkrisis in die Mopani-distriksmunisipaliteit wat Phalaborwa en Gravelotte bedien.

Die party het ʼn skrywe hieroor gerig aan die waarnemende munisipale bestuurder van die distriksmunisipaliteit, dr. Kgoshi Lucas Pilusa, asook aan die burgemeester van die Ba-Phalaborwa-plaaslike munisipaliteit, me. Mirriam Malatjie.

Dit volg nadat inwoners weer ’n munisipale kennisgewing ontvang het om water spaarsamig te gebruik aangesien reservoir-vlakke besonder laag is.

Ba-Phalaborwa verskaf nie self water aan sy inwoners nie. Die Mopani-distriksmunisipaliteit vervul daardie rol en is verantwoordelik vir die waterrekening aan die staatsentiteit, Lepelle North Water (LNW).

In sy skrywe wil die party onder meer weet waarom LNW nie water aan Phalaborwa en Gravelotte verskaf nie.

In Maart vanjaar het LNW aangekondig dat die Ba-Phalaborwa-plaaslike munisipaliteit net 20% van sy normale water sal ontvang weens agterstallige skuld.

Dit was nie die eerste keer dat die inwoners van Phalaborwa gestraf word met watertekorte weens Mopani-distriksmunisipaliteit se wanbetaling van sy waterrekening nie.

Getroue belastingbetalers verdien beter as die ANC se wanbestuur van die Ba-Phalaborwa-munisipaliteit en die Mopani-distriksmunisipaliteit.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.