fbpx
Vryheidsfront Plus

Geheime stemming in mosie van wantroue kan misluk

Die VF Plus ondersteun die aansoek in die Grondwethof dat ‘n mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma met ‘n geheime stemming in die parlement moet plaasvind, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald sê verskeie argumente word hieroor gevoer in die Grondwethof, maar die VF Plus sal hom berus by die uitspraak van die hof.

Hy sê die VF Plus het nie toegetree tot die aansoek nie omdat daar reeds genoegsame argumente deur die UDM en ander partye en instellings gevoer word.

“Daar moet egter gewaak word teen ooroptimisme al sou die Grondwethof verklaar dat ‘n geheime stemming moet plaasvind. Goot verwagtinge mag dalk by die publiek gewek word dat ‘n mosie van wantroue in ‘n geheime stemming wel sal slaag.

“Die VF Plus is van mening dat selfs met ‘n geheime stemming die ANC-parlementslede lojaal en getrou sal bly aan die ANC en dus nie sal stem om van Zuma ontslae te raak nie.

“Die ANC sal, as hy van Zuma ontslae wil raak, dit voor sy verkiesingskongres moet doen deur middel van die party se nasionale uitvoerende komitee,” sê dr. Groenewald.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.