Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Stakers ontwrig studente by Rhodes-universiteit

Die VF Plus veroordeel die werkersstaking by Rhodes-universiteit ten sterkste, veral omdat dit uiters ontwrigtend is vir studente wat begerig is om met hul akademiese werksaamhede voort te gaan,” sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor hoër onderwys.

Adv. Alberts sê die effek wat dit op studente het, is uiters negatief, veral wat die voorsiening van kos aanbetref, en daar is selfs vrese dat kos gesaboteer kan word om studente te intimideer.

Volgens adv. Alberts sal hy die situasie aanstaande Dinsdag ten tyde van die begrotingsdebat van dié portefeulje met die minister van hoër onderwys bespreek indien die situasie voortduur.

“Volgens aanduidings blyk dit dat die universiteit se bestuur billik probeer optree teenoor die werkers, maar dat hy weens agterstallige studiegeld eenvoudig nie die nodige fondse het vir die verhogingseise nie.

“Hier is weer ‘n situasie waar gewone mense teen mekaar opgestel word. Hierdie keer universiteitswerkers teenoor die universiteit en studente, weens die oorhoofse wanbestuur van die land se ekonomie deur die ANC-regering.

“Die universiteit maak dit duidelik dat die nuwe groep studente nie toegang tot fondse vir hul studies het nie wat ‘n aanduiding is dat hul ouers – en dus gesinne in die algemeen – swaar kry.

“Dit is nog ‘n skreiende skande wat geskep is deur die ANC-regering wat nie weet hoe om ons ekonomie te laat groei nie en wat selfs ‘n leier duld wat die staat kaap vir sy eie doeleindes. Met die afgraderings staar nog swaarder tye die land in die gesig en is die prentjie vir studente dus ook donker.

“Die VF Plus wil herhaal die enigste pad uit hierdie gat is om die ANC in 2019 te vervang met ‘n koalisie van opposisiepartye wat die vryemark sal beskerm en wat entrepreneurs sodoende die geleentheid sal gee om te gedy,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.