Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Gautengse premier moet dringend ingryp ná jongste moorde op kleinhoewes buite Pretoria

Die VF Plus doen ‘n beroep op die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, om dringend in te gryp in landelike veiligheid ná die jongste moorde op kleinhoewes in die noorde van Pretoria.

In een voorval is ‘n man van 46 vroeg vanoggend op sy kleinhoewe in Kameeldrift-Oos vermoor. Dit volg kort op die moord van mnr. Mossie Mostert op sy kleinhoewe in die Buffelsdrift-bewaringsgebied.

Die VF Plus dring daarop aan die premier ʼn konsultasie met die Gautengse polisiekommissaris, luitenant-generaal Tommy Mthombeni, en die gemeenskappe van Kameeldrift en omliggende gebiede fasiliteer oor ʼn landelike veiligheidsplan.

Hierdie gemeenskappe word al vir dekades deur ernstige misdaad geteister.

Die VF Plus doen intussen ʼn beroep op landelike gemeenskappe in Gauteng om hul eie veiligheid op te skerp en aan te sluit by hul plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums.

Die party spreek sy innige meegevoel uit met die vermoordes se naasbestaandes en sal volgehoue druk uitoefen om landelike veiligheid in Gauteng te verbeter.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.