Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

DA moet skuld aanvaar vir byna R1 miljoen-flater by Kaapstad-stadion

Dit is ʼn skande dat die inwoners van die Stad Kaapstad pa moet staan vir die Stad se voeteslepery om betyds ʼn skadevergoedingseis in te dien vir skade aan die dak van die Kaapstad-stadion.

Dié skade het reeds op 18 November 2015 aan die lig gekom tydens die installering van Cell C-toerusting.

Die Stad het egter eers op 21 November 2018 ʼn skadevergoedings eis aan Cell C gestuur. Die eis het toe reeds verjaar en kragtens ‘n hooggeregshof-uitspraak moet Kaapstad die koste dra.

Luidens ‘n berig in Netwerk24 het regter Hayley Slingers in haar uitspraak gesê die Stad is self vir die situasie verantwoordelik en het reeds op 18 November 2015 die basiese feite tot sy beskikking gehad om met die eis voort te gaan.

Die uiteinde van hierdie growwe nalatigheid is ‘n rekening van R909 900 aan die belastingbetalers van Kaapstad. Die VF Plus vind dit onaanvaarbaar dat die Stad se regspan so lank kon sloer met die saak en dat die stad se belastingbetalers die prys daarvoor moet betaal.

‘n Volledige ondersoek moet ingestel word na die aangeleentheid en die persone wat vir die nalatigheid verantwoordelik was, moet persoonlik vir die bedrag aanspreeklik gehou word.

Die las van sulke nalatige finansiële verliese kan nie op die skouers van hardwerkende belastingbetalers val terwyl die skuldige amptenare skotvry wegstap nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.