Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Emfuleni moontlik onder volle administrasie geplaas

Die VF Plus verwelkom die verslag van die Gautengse wetgewerkomitee vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) aan die Gautengse wetgewer oor die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit ( Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) se totale verval en voortdurende finansiële probleme.

Die verslag, wat die tydperk 2016–2025 dek, toon duidelik dat die finansiële ineenstorting van Emfuleni die gevolg is van langtermyn-nienakoming van die Munisipale Finansiële Bestuurswet (MFMA), swak leierskap en ’n onvermoë om op herhaalde ouditwaarskuwings te reageer.

Die bevindinge bevestig die VF Plus se herhaalde waarskuwings sedert 2016 oor swak bestuur, korrupsie en die gebrek aan interne kontroles.

In die verslag word die volgende aanbevelings en voorgestelde intervensies voorgestel:

• Volledige artikel 139(1)(c) administrasie:
Die munisipaliteit moet onder volledige administrasie geplaas word, met finansiële beheer wat oorgedra word aan die provinsiale of nasionale tesourie.

• Opstel van ’n finansiële herstelspan:
’n Multidissiplinêre span moet aangestel word om ’n herstelplan uit te voer wat in lyn is met artikel 138 van die MFMA.

• Forensiese oudit en gevolgebestuur:
’n Gedetailleerde oudit moet uitgevoer word vir vermiste fondse en onreëlmatige uitgawes, met strafregtelike vervolging waar toepaslik.

• Inkomste-verbeteringstrategie:
Hervorm faktureringstelsels, verbeter data-integriteit en versterk skuldinvordering.

• Deursigtige openbare rapportering:
Jaarlikse finansiële state en oudit-uitkomste moet openbaar gemaak word om openbare vertroue te herstel.

Die VF Plus is bekommerd daaroor dat die voorgestelde ingrypings nie die gewenste resultate mag meebring nie aangesien Emfuleni in 2018 ook onder gedeeltelike administrasie geplaas is en daar geen beduidende verbetering in finansiële bestuur of dienslewering was nie.

Inwoners en ondernemings in Emfuleni moet ook reeds hul krag- en waterrekeninge direk aan Eskom en Rand Water vereffen en dit is te betwyfel of die grootmaatverskaffers in die nabye toekoms van dié reëling sal afstand doen.

Die enigste volhoubare manier om Emfuleni uit sy verknorsing te red, is om van die ANC by die stembus ontslae te raak met die plaaslike regeringsverkiesing in 2026.

Die inwoners van Emfuleni verdien beter as ‘n munisipaliteit wat in chaos en verval gedompel is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.