Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwerp NMBM se skuldamnestie

Die VF Plus verwerp die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) se besluit om tot 50% van huishoudings en ondernemings se agterstallige munisipale skuld af te skryf via ’n amnestieprogram.

Dit stuur die verkeerde boodskap aan wetsgehoorsame belastingbetalers en kan wanbetaling aanmoedig.

Alle inwoners met agterstallige rekeninge kan aansoek doen om amnestie. ‘n Deposito van 2,5% op die agterstallige rekening moet dadelik betaal word. Daarna is slegs die helfte van die uitstaande balans oor 12 maande betaalbaar. Die res van die bedrag word afgeskryf.

Twee derdes van die metro se inwoners is tans agterstallig, met ’n debiteureboek van R18 miljard wat vinnig die totale jaarlikse begroting van R21.58 miljard nader.

Die VF Plus het ook gewaarsku dat die kragtariefverhoging van 12,74% nie die finansiële situasie van inwoners in ag neem nie en gaan lei tot meer agterstallige rekeninge en kragdiefstal.

Daar is duisende onwettige kragaansluitings in die metro, maar daar word nie deurlopend en konsekwent teen oortreders opgetree nie. Hierdie mense word effektief beloon, terwyl eerlike burgers, wat hul rekeninge maandeliks betaal, geen verligting geniet nie.

Die VF Plus stel voor:

• Verwyder onwettige kragaansluitings.
• Straf kragdiefstal.
• Pas skuldinvordering eerlik toe.
• Beloon getroue betalers met afslag.

Behoeftige inwoners moet gerigte verligting kry met behulp van die program vir behoeftiges (ATTP-program), nie ’n populistiese afskrywing wat ook wanbetalers bevoordeel nie.

Die oplossing lê nie in skuldafskrywing nie, maar in finansiële dissipline en wetstoepassing.

Finansiële volhoubaarheid vereis geregtigheid en respek vir belastingbetalers.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.