Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus sal nie toelaat dat Pretoria-stadsaal vir korttermyn politieke gewin verkwansel word nie

Die VF Plus is hewig gekant teen die Tshwane-metro se plan om die historiese Pretoria-stadsaal moontlik aan die Iranse regering te verkoop of te verhuur.

Hierdie plan kom uit die kantoor van die ActionSA-burgemeesterskomiteelid vir korporatiewe dienste, Kolofelo Marodi, en word ondersteun deur die regerende koalisie waarvan die ANC en EFF deel is.

Die Iranse ambassade se kulturele afdeling het belangstelling getoon om die verwaarloosde stadsaal te gebruik vir kulturele en artistieke aktiwiteite of moontlik as ’n permanente kulturele kompleks.

DiΓ© stadsaal, ’n nasionale erfenisterrein, is in ’n toestand van verval na ’n mislukte opknappingsprojek onder die voormalige ANC-burgemeester Kgosientso Ramokgopa. Herstelwerkkoste word op honderd miljoene rand geskat, met forensiese verslae wat meer as R200 miljoen se korrupsie en wanadministrasie aandui.

Die regerende koalisie toon geen respek vir Pretoria se geskiedenis nie. Die VF Plus sal nie toelaat dat hierdie monument vir kort termyn politieke gewin verkwansel word nie,

Die VF Plus eis onmiddellike deursigtigheid, insluitend die openbaarmaking van alle onderhandelinge en dokumentasie rakende die moontlike verkoop of verhuring van die stadsaal.

Die party doen verder β€˜n dringende beroep op gemeenskapslede, erfenisbewaringsliggame en belanghebbendes om te verenig teen hierdie bedreiging.

Die Pretoria-stadsaal, Ε‰ simbool van die hoofstad van Suid-Afrika, mag nie verlore gaan nie.

Die VF Plus sal voortgaan om te veg vir die behoud van Pretoria se kulturele erfenis en die belange van sy inwoners.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.