Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Cogta-oorsig bewys ANC “bestuur” Vrystaatse munisipaliteit die afgrond in

Solank as wat die ANC in beheer van Vrystaatse munisipaliteite is, sal daar geen verbetering of verandering in plaaslike regering in die provinsie wees nie.

Vrystaatse munisipaliteite was nog nooit in die haglike finansiële toestand waarin dit tans is nie.

Dít blyk duidelik uit die gesamentlike oorsig van die nasionale en provinsiale portefeuljekomitees vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) verlede week.

Die munisipale ouditverslae vir die 2023/24-finansiële jaar dui duidelik op ʼn gebrek aan verantwoordbaarheid en finansiële wanbestuur.

Ander bevindings sluit in dat ondersoeke na finansiële ongerymdhede of glad nie gedoen word nie of vir jare sloer sonder enige afhandeling. Daar word selfde indien ooit teen skuldige amptenare opgetree en munisipaliteite gaan bloot voort om openbare fondse te wanbestee of te plunder.

Daar is talle munisipaliteite wat jaar na jaar onbefondsde begrotings goedkeur ten spyte van waarskuwings dat dit op ʼn onrealistiese invorderingskoers gegrond is.

Munisipaliteite se gesamentlike agterstallige skuld aan derdepartye soos pensioenfondse, die inkomstediens en die ouditeur-generaal (OG), beloop meer as R830 miljoen.

Skuld aan die Vaalsentraal-waterraad beloop tans meer as R10 miljard met geen duidelike plan om dit te vereffen nie.

Nog die Vrystaatse premier, Maqueen Letshoa-Mathae, nóg die LUR vir samewerkende regering, Saki Mokoena, kon ʼn geloofwaardige herstelplan bied om die vervalle munisipaliteite in die Vrystaat te red.

Die enigste manier om dit te doen, is om van die ANC by die stembus ontslae te raak.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.