fbpx
Vryheidsfront Plus

Gauteng-regering het sterk prestasie-bestuur nodig sy doelwitte te bereik

Swak beplanning, onderprestasie op teikens en die oorbesteding van die begroting was aan die orde toe die vierde kwartaalverslag van die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee vir menslike nedersettings ter tafel gelê is.

Die departement se begroting vir die vierde kwartaal is R1 526 214 000 terwyl R2 239 607 000 bestee is. Dit is ‘n oorbesteding van 47%.

Aan die ander kant het die departement slegs 19 (41%) van sy 46 prestasiedoelwitte bereik. Die rede hiervoor is nie altyd duidelik nie, maar word meestal gekoppel aan ‘n ontoereikende begroting.

Die VF Plus skryf dit eerder toe aan swak beplanning, monitering en bestuur.

Die prioriteit vir politici is om dienste te lewer en te sorg dat Gautengse inwoners behuising het en dat menslike nedersettings van ‘n hoë standaard is.

Die departement het goeie planne in plek, maar sukkel met die uitvoering daarvan. Hardwerkende, bekwame en eerlike personeel is nodig om dit te vermag.

Daar is sekere prestasie-doelwitte wat glad nie voor beplan was nie. Dit dui inderdaad aan dat daar probleme met die beplanning is.

‘n Voorbeeld hiervan is dat 7 500 werksgeleenthede vir ongeskoolde werkers beplan is, maar net 4 860 is geskep.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.