fbpx
Vryheidsfront Plus

FAK-sangbundel nodig vir US se koshuisstudente

‘n Duisend rand beloning vir die naam van die selfaangestelde taalimperialis van die Universiteit Stellenbosch (US) sodat ‘n FAK-sangbundel aan haar en ‘n manlike a capella-koor van die universiteit geskenk kan word om kennis te neem van die heerlike saamsing-liedere in Afrikaans.

Dit is klaarblyklik nodig by die US nadat dit aan die lig gekom het dat ’n onbekende huiskomiteelid (HK-lid) van die vrouekoshuis Minerva, glo verlede week ‘n manskoor wat die vrouestudente met ‘n paar ligte liedjies wou vermaak, versoek het om niks in Afrikaanse te sing nie.

“Sing net liedjies in Engels, asseblief,” lui die boodskap aan die leierskap van ’n manskoshuis wat ’n a capella-optrede voor die koshuis wou lewer. (Netwerk24: US-koshuis laat ‘net Engelse liedjies’ vir sêr toe; 30 Maart 2021).

In die jongste FAK-sangbundel is wonderlike liedjies en die VF Plus is seker die koor sou dit graag wou instudeer om die vroue van Minerva- en ander vrouekoshuise met ‘n volgende geleentheid daarmee te vermaak.

Die VF Plus neem kennis van die studenteorganisasie StudentePlein se ontevredenheid oor “sangverbod” en verwelkom dit.

Dit is duidelik dat sommige studente die US se stilswye oor die verdrukking van Afrikaans as toestemming sien om dit openlik verder te voer op die kampus.

Geen brug kan tussen studente op hierdie wyse gebou word nie en ‘n hartlike FAK-saamsing-geselligheid sal waarskynlik veel meer bydra tot kulturele samehorigheid onder studente as wat die US se huidige taalbeleid doen.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.