fbpx
Vryheidsfront Plus

Brutale voorval by Witrivier-polisiekantoor moet ondersoek word

'n Voorval waarin gesien kan word hoe 'n man glo aangerand word in die polisiekantoor in Witrivier, Mpumalanga, doen tans die ronde op sosiale media en die VF Plus dring daarop aan dat dit deeglik ondersoek word.

Die betrokke persone, Barend Byliefeldt en Delia Jordaan, beweer dat hulle aangerand is deur lede van 'n private sekuriteitsonderneming waarvan die naam aan die VF Plus bekend is.

Die voorval het glo plaasgevind nadat Byliefeldt en Jordaan 'n video-opname gemaak het wat van 'n konvooi waarby die maatskappy betrokke was waar verskeie motors begelei is en wat glo 'n gevaar vir ander padgebruikers geskep het.

Toe lede van die konvooi opmerk dat Byliefeldt en Jordaan 'n opname van hulle maak, is die paartjie glo by 'n verkeersirkel tot stilstand gedwing. Die paartjie is daarna glo met vuurwapens gedreig en hul voertuig is beskadig.

Hulle is van daar na die polisiekantoor op Witrivier waar die aanval op Byliefieldt glo plaasgevind het.

Jordaan het dit met haar selfoon afgeneem.

In die videogreep kan gesien word hoe Byliefeldt aangerand, en selfs teen die kop geskop word in 'n poging om sy selfoon by hom te kry.

Sy selfoon is eindelik van hom afgeneem en gebreek.

Die voorval is onaanvaarbaar en die VF Plus sal die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) versoek om die gebeure te ondersoek, in besonder oor die polisie se optrede tydens die voorval.

Die VF Plus het reeds die beeldmateriaal aan senior polisiebeamptes in die provinsie, sowel as aan die LUR vir veiligheid en sekerheid, Vusi Shongwe, gestuur.

Shongwe het onderneem om die voorval te laat ondersoek.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.