Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra ingryping om moontlike staking van gesondheidswerkers in Limpopo te keer

Die VF Plus het vandag ‘n skrywe gestuur aan Limpopo se LUR vir gesondheid, dr. Phophi Ramathuba, om haar te versoek om dringend in te gryp om 'n moontlike staking deur gesondheidswerkers in Limpopo af te weer.

Met die uitbreek van ‘n moontlike derde vlaag Covid-19, kan daar nie bekostig word dat gesondheidswerkers op ‘n staking gaan nie.

Gesondheidswerkers betoog van gister af by hospitale in die provinsie oor gestandaardiseerde diensroosters wat die provinsiale departement van gesondheid ingestel het.

Alhoewel die provinsiale departement die diensroosters tydelik teruggetrek het, is dokters by sekere hospitale op ‘n sloerstaking en word pasiënte na bewering weggewys.

Volgens Ramathuba word oortyd deur gesondheidswerkers misbruik en verhinder die oortydkwessie die departement om meer gesondheidswerkers in diens te neem en mediese toerusting, medisyne en ambulanse te bekostig.

Die VF Plus het reeds in Maart 2020 dr. Ramathuba en die provinsiale departement van gesondheid gemaan om te fokus op die handhawing en voorbereiding van algemene gesondheidsdienste in die provinsie.

Die party het ook klagte by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien rakende die swak dienslewering en beweerde nalatigheid in die provinsiale gesondheidsektor.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.