fbpx
Vryheidsfront Plus

Emfuleni moet sperdatum vir evaluering van waardasierol verleng

Die VF Plus het die munisipale bestuurder van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging), April Ntuli, dringend versoek om die sperdatum vir die sluiting van die waardasierol te verleng omdat die munisipaliteit tegniese probleme ondervind en onbereikbaar is.

Luidens ʼn amptelike kennisgewing van die Emfuleni-munisipaliteit is die aanvullende waardasierol en dokumente waar beswaar aangeteken kan word beskikbaar op die munisipaliteit se amptelike webtuiste www.emfuleni.gov.za by die volgende skakel https://bit.ly/3okHKmO.

Die skakel was vir ʼn geruime tyd buite werking en inwoners kon eers Dinsdag toegang tot inligting kry.

Die kennisgewing nooi ook die gemeenskap uit om bepaalde telefoonnommers van die munisipaliteit te skakel vir nadere inligting. Die nommers is steeds buite werking.

Die Emfuleni-munisipaliteit het ʼn beleid van deursigtigheid en daarom is dit belangrik dat inwoners die geleentheid gegun word om die munisipaliteit te kontak. Diegene wat nie fisiek die kantore kan besoek nie, moet dit elektronies kan besigtig.

Die waardasierol is tans vir besigtiging vanaf 14 Augustus tot 29 September beskikbaar by die Vanderbijlpark-munisipale kantoor, die Vereenigingsaal, Masoheng Sebokeng-kantore, Mafatsane Evaton-kantoor, Rus-Ter-Vaal-kantoor, Sharpeville-biblioteek en Bophelong-biblioteek.

Die VF Plus sal druk op die munisipale bestuurder plaas om die sperdatum te verleng en tegniese probleme op te los sodat inwoners die geleentheid gegun word om die waardasierol deeglik na te gaan.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.