fbpx
Vryheidsfront Plus

Skoksyfers oor polisielede wat sedert 2019 weens misdaad in hegtenis is, wys hoe diepgewortel misdaad in polisie is

Die feit dat altesame 5 489 polisielede sedert die 2019/20-boekjaar in hegtenis geneem is vir strafregtelike oortredings, wys hoe diep misdadigheid in die polisie wortel geskiet het.

Van die 5 489 was 383 weens ernstige misdade soos moord, verkragting en veediefstal.

Die minister van polisie, Bheki Cele, het hierdie syfers aan die VF Plus bekend gemaak nadat ʼn gebrekkige inligtingstelsel enkele weke gelede as verskoning aangevoer is oor waarom die syfers nie beskikbaar was nie.

Van die 383 ernstige misdade waarvoor lede in hegtenis geneem is, was 84 vir moord, 109 vir roof, 79 vir verkragting, 29 vir veediefstal, 4 vir transitorooftogte en 78 vir ontvoering.

Volgens die minister is geen polisielid vir betrokkenheid by ʼn plaasmoord in hegtenis geneem nie.

In sy ontwykende antwoord in Julie het die minister gesê hy is “ten volle bewus van die ernstige implikasies” van polisielede se betrokkenheid by misdaad en veral van die impak daarvan op die publiek se vertroue in die polisie.

Hy het gesê dit is noodsaaklik dat ʼn stelsel “in plek moet kom” om al die inligting oor polisie-betrokkenheid by misdaad byeen te bring, te kontroleer en te verifieer.

Dit blyk dat dit nou wel gedoen is nadat die VF Plus daarop aangedring het dat die antwoorde voor 30 September (vandeesmaand) verskaf word.

Dit is onaanvaarbaar dat daar eers druk op die minister geplaas moes word voordat ʼn stelsel in plek geplaas is om die omvang van misdadigheid onder polisielede deur ʼn databasis gereeld op te dateer.

Sonder gedetailleerde inligting kan daar geen voorkomende stappe in plek gestel word om misdadigheid te voorkom of om daadwerklik daarmee te handel nie.

Hierdie syfers wys duidelik dat daar ʼn groot probleem met misdadigheid in die polisie is en die publiek nie kwalik geneem kan word indien hulle toenemend vertroue in ’n polisiediens te verloor wat deur onbevoegde persone bestuur word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.