Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur.

Die meeste paaie in die metro is deurspek met slaggate wat inwoners se voertuie beskadig en lewensgevaarlike ry-omstandighede veroorsaak.

Een so ‘n voorbeeld is Marignane-laan in Bonaeropark wat meer slaggat as pad is en waar dit veiliger is om op die sypaadjie te ry as in die pad. (Foto’s aangeheg)

Die bedrag van R449 miljoen wat in die 2024/25-begroting begroot is vir die herstel van padinfrastruktuur, is duidelik totaal ontoereikend om slaggate, teerwerk en deurlopende instandhouding te doen.

Die VF Plus eis dat daar in die voorgestelde konsepbegroting vir die 2025/26-finansiële jaar meer begroot word vir die onderhoud van padinfrastruktuur voordat dit finaal in duie stort.

Tans betaal Inwoners die prys vir die metro se swak leierskap en voortdurende verwaarlosing.

Hulle word gedwing om slaggate self te herstel met hul eie hulpbronne terwyl die metro fondse elders heen herlei sonder enige aanspreeklikheid.

Die VF Plus verwerp hierdie uitbuiting van die publiek. Die party eis dat die fondse wat inwoners die metro spaar, teruggeploeg word in die herstelwerk van kritieke infrastruktuur.

Ekurhuleni se inwoners verdien veilige, funksionerende paaie, nie meer leë beloftes en verkrummelde infrastruktuur nie. Inwoners kan nie langer op sypaadjies ry om slaggate te vermy nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.