Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Biblioteke in Tshwane weer oop op Saterdae ná VF Plus-ingryping

Die VF Plus het ʼn oorwinning vir inwoners behaal met die Tshwane-metro se besluit om alle biblioteke in die metro weer op Saterdae oop te stel.

Verskeie inwoners van veral die Moot-gebied het gekla oor die sluiting van biblioteke op Saterdae.

Dié sluiting het die Afrikaans 100-viering op 10 Mei in die Waverley-biblioteek in gedrang gebring – ’n belangrike kulturele geleentheid wat die 100-jarige erkenning van Afrikaans as amptelike taal sou vier.

Die VF het onmiddellik ʼn formele versoek gerig aan die stadsbestuurder, mnr. Johann Mettler, waarin die onwettigheid van die sluitingsopdrag uitgelig is.

Daar is verwys na die raadsbesluit van 30 September 2021 waarin die standaardisering van biblioteek-ure goedgekeur is. Volgens dié besluit mag net die burgemeesterskomitee enige verandering aan biblioteek-ure goedkeur en nie streekshoofde of administratiewe personeel nie.

Die VF Plus het beklemtoon dat die Waverley-biblioteek, as ’n kategorie B-biblioteek, ingevolge die besluit op Saterdae van 08:30 tot 13:00 oop moet wees. Daar is versoek dat die biblioteek amptelik toestemming kry om op 10 Mei oop te wees sodat die program met ses Afrikaanse skrywers kon voortgaan – wat toe ook gebeur het.

Hierdie suksesvolle ingryping het nie net die viering moontlik gemaak nie, maar het ook daartoe gelei dat die metro bevestig het dat alle biblioteke in Pretoria weer op Saterdae oop sal wees, soos oorspronklik bepaal.

Die VF Plus beklemtoon dat biblioteke nie net plekke vir boeke is nie – hulle is spilpunte van digitale en inligtingsgeletterdheid, ondersteuning vir onderwys, en kulturele ontwikkeling.

Die party sal aanhou om toe te sien dat die metro se besluite in ooreenstemming met die wet en die belange van inwoners geneem word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.