Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Gesondheidsaktiviste ontwrig portefeuljekomitee oor gesondheid

Gesondheidsaktiviste onder leiding van Zackie Achmat, stigter van die Treatment Action Campaign, het vanoggend ‘n sitting van die parlementêre portefeuljekomitee vir gesondheid in die teenwoordigheid van joernaliste ontwrig weens die regering se gesloer met MIV-vigsbehandeling.

Volgens die aktiviste het die departement van gesondheid en die portefeuljekomitee nie genoeg aandag gegee aan die probleme rondom vigsbehandeling wat ontstaan het weens die onttrekking van Pepfar en USAid aan Suid-Afrika nie.

Die aktiviste het onder meer geskree dat mense in hospitale en klinieke sterf. Hulle is uit die vergadering verwyder.

Dit blyk ook dat die frustrasie ontstaan het omdat die komiteevoorsitter, mnr. Sibongiseni Dhlomo, asook die departement, glo nie aandag of terugvoering gegee het op die kommunikasie van die aktiviste oor die aangeleentheid nie.

Die portefeuljekomitee het ná die gebeure die saak agter geslote deure bepreek en die VF Plus se mening was dat die oorsaak van die probleem voor die deur van die ANC gelê moet word.

Die publiek is duidelik gefrustreerd oor die stand van sake rakende vigsbehandeling in openbare hospitale en klinieke en die protesaksie moet ‘n wekroep wees vir die regering, die minister, die departement en die portefeuljekomitee.

Die komitee bespreek die situasie rondom die onttrekking van Pepfar en USAid-hulp reeds sedert Amerika sy eerste kennisgewing oor die onttrekking aan Suid-Afrika gelewer het. Niks is egter daaraan gedoen nie.

Die departement en die minister asook die regering het nie vinnig genoeg opgetree om alternatiewe planne in plek te stel om toe te sien dat die MIV/vigsprogramme en die behandeling daarvan nie ten gronde gaan nie.

Daar moet nou baie dringend opgetree word. Hierdie probleem en die hulpkrete van die publiek kan nie langer geïgnoreer word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.