fbpx
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni-metro wil bruikbare items op veiling verkoopmini substation

Die VF Plus is gekant teen die Ekurhuleni-metro se besluit om items soos mini-substasies op ʼn openbare veiling te verkoop terwyl baie daarvan nog bruikbaar is.

Die party is van mening dat dit ʼn ondeurdagte besluit is en dat van die items as tydelike vervanging gebruik kan word tot die metro alternatiewe kan verkry. Dienslewering kan so verbeter word.

Vyftig mini-substasies is geoormerk om opgeveil te word ondanks die aanbevelings van die metro se departement van water en energie om die afgegradeerde eenhede tydelik te gebruik om gereelde kragonderbrekings in Ekurhuleni te verminder.

Daar is ook geen samewerking of kommunikasie tussen departemente oor die opveiling van dreineringsdeksels en vullisdromme nie terwyl die aanvraag daarvoor in verskeie gebiede omvangryk is.

Hierdie tipe optrede van die metro ondermyn nie net dienslewering nie, maar vermeerder ook die finansiële uitdagings wat die metro in die gesig staar.

Die VF Plus sal nie toekyk hoe bruikbare bates op veilings verkoop word weens ʼn verouderde graderingsbeleid nie.

Die party sal druk op die metro plaas om sy beleid rakende die verkoop van bruikbare items te hersien en sal sy bekommernisse na die betrokke portefeuljekomitee verwys vir spoedige oplossings.

Die VF Plus is daartoe verbind om te verseker dat dienslewering geprioritiseer word en onnodige finansiële laste verlig word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.