fbpx
Vryheidsfront Plus

Wêreldhof-uitspraak oor Israel wys opnuut op ANC se dubbele standaarde

Vandag se uitspraak van die Wêreldhof oor Suid-Afrika se aansoek dat Israel sy militêre optrede in Gasa beëindig, het opnuut die ANC-regering se dubbele standaarde belig.

Dit laat die vraag ontstaan waarom die regering soveel geld aan dié saak bestee het terwyl daar 76 moorde per dag in Suid-Afrika gepleeg word.

Suid-Afrika is inkomstegewys die mees ongelyke land ter wêreld terwyl ’n derde van die bevolking werkloos is. Dit veroorsaak groot lyding vir miljoene mense in die land.

Die uitspraak van die Wêreldhof maak dit duidelik dat Israel nie besig is met ’n Palestynse volksmoord nie.

Van die tussentydse stappe wat die hof aangekondig het, is dat Israel moet seker maak dat hy hom nie wel aan volksmoord skuldig maak nie.

Suid-Afrika se regering kon die geld wat aan hierdie saak bestee is, eerder aangewend het in sy eie land wat in ’n groot finansiële krisis is.

Daar is veel ander ryker lande wat dieselfde standpunte as die ANC-regering huldig en die vraag is waarom een van hierdie lande nie die saak na die Wêreldhof geneem het nie.

Dit maak dit duidelik dat die ANC die situasie misbruik om die aandag af te lei van die haglike omstandighede in sy eie land om ’n sekere deel van die bevolking ter wille te wees.

In die proses is die veiligheid van alle Suid-Afrikaners, die haglike omstandighede van miljoene en die groot moordsyfer gerieflikheidshalwe geïgnoreer.

Die VF Plus sal parlementêre vrae rig oor presies hoeveel hierdie saak Suid-Afrikaanse belastingbetalers uit die sak gejaag het.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.