Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

EFF-raadslede vertraag Ekurhuleni-stadsrede

Die VF Plus het die speaker van die Ekurhuleni-metroraad, me. Nthabiseng Tshivhenga, versoek om teen haar EFF-kollegas om te tree nadat hulle die jaarlikse stadsrede vir bykans twee ure vertraag het weens hul ontevredenheid met dienslewering in die metro.

Alhoewel dienslewering ล‰ netelige kwessie in Ekurhuleni is, is die wyse waarop EFF-raadslede hul misnoั‘ met plakkate en hardhandige optrede teenoor mede-raadslede toon, onaanvaarbaar.

Die ironie is dat die EFF en die ANC in koalisie is in die metro en dus self skuldig is aan die swak dienslewering.

Die VF Plus het ook die veelparty-opposisie, waarvan die party lid is, versoek om gesamentlike druk op die speaker te plaas om toe te sien dat raadsvergaderings ordelik geskied.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.