Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Johannesburg-metro kan nie sy eie kapitaalprojekte finansier of skuld delg

Die Johannesburg-metro se 2023/24-finansiёle jaarverslag skets ‘n donker prentjie. Die metro beskik nie eens oor genoeg fondse om sy eie kapitaalprojekte te finansier of skuld te delg nie.

Die verslag wat Woensdag aan die raad voorgelê is, dui daarop dat die metro die jaar met ʼn verlies van R277miljoen afgesluit het.

Die kontant-reserwes is uitgeput en uitstaande korttermyn-skuld het gestyg van R17 miljard in Junie 2023 tot R23 miljard op 30 Junie 2024. Dit sluit skuld van R6 miljard aan Eskom in.

Die metro het in die jaar R8,7 miljard as slegte skuld afgeskryf en ‘n verdere R7,83 miljard verloor weens krag- en waterverliese. Die twee bedrae saam is ‘n reuse R16.53 miljard wat nie volhoubaar is nie.

Die VF Plus het hierdie twee kwessies aangedui as die sleutelkwessies om die metro se finansies om te draai.

Die party het ook die burgemeesterskomiteelid oor finansies, Margaret Arnolds, gewaarsku om geen tariefverhogings in die 2025/26-finansiële jaar aan te kondig nie, want die belastingbetalers kan dit eenvoudig nie bekostig nie.

Ongelukkig sal die verhogings van Randwater en Eskom, wat blykbaar onderskeidelik 13,9% en 12,51% beloop, aan die verbruikers deurgegee moet word.

Die VF Plus sal sy stem laat hoor in die raadsale van die metro om te sorg dat belastinggeld nie verspil word nie en belastingbetalers nie buitensporige tariefverhogings ontvang nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.