Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Sedibeng verhoog sy salarisbegroting met R50 miljoen

Die Sedibeng-distriksmunisipaliteit het besluit om sy salarisbegroting met R50,5 miljoen te verhoog.

Die huidige totale begroting beloop R420 miljoen waarvan 77,5% aan salarisse bestee word. Met die verhoging van R50 miljoen word R375 miljoen nou aan salarisse bestee wat 89,3% van die totale begroting uitmaak.

Sedibeng se inkomste kom hoofsaaklik van regeringsbydraes en 20% vanuit lisensiekantore in Heidelberg, Meyerton, Vereeniging en Vanderbijlpark.

Die VF Plus het nie die besluit gesteun nie, want geen munisipaliteit, of in hierdie geval distriksmunisipaliteit, kan behoorlik funksioneer wanneer so ‘n groot deel van sy begroting aan salarisse bestee word nie.

Die party dring daarop aan dat Sedibeng dringend sy finansiële bestuur en prioriteite hersien.

Hierdie is ʼn tipiese voorbeeld van die ANC se wanbestuur wat ʼn munisipaliteit tot bankrotskap bestuur het en steeds doen.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.