fbpx
Vryheidsfront Plus

EFF hoort nie by betogings by Middelburg-skool

Dit is onaanvaarbaar vir ‘n politieke party soos die EFF om betrokke te raak by die ontwrigting van onderrig by skole eerder as om werkers aan te moedig om ‘n vreedsame oplossing vir hul griewe te vind.

Die protesaksie vandag by HTS Middelburg in die Steve Tshwete-plaaslike munisipaliteit (Hendrina, Middelburg, Pullens Hope, Rietkuil) handel glo oor arbeidskwessies tussen algemene werkers en die skool.

Dit sleep nou al sporadies voort sedert Julie vanjaar.

Die hoofhek in Samora Machelstraat word afgesper deur betogers wat in- en uitgang na die skool by verhinder.

Die EFF is nie ‘n party tot die dispuut nie en is ‘n politieke party eerder as werkers se verteenwoordigende liggaam soos deur arbeidswetgewing bepaal.

Onskuldige kinders se onderrig word nou onderbreek sodat die EFF politieke punte kan aanteken.

Die VF Plus gaan met die LUR vir onderwys, mnr. Bonakele Majuba, skakel om die geskil te bemiddel of om ‘n interdik teen die stakers te bekom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.