fbpx
Vryheidsfront Plus

LUR sal self ingryp in bekamping van onwettige jag met honde in Mpumalanga

Mpumalanga se provinsiale LUR vir gemeenskapsveiligheid, mnr. Vusi Shongwe, het onderneem om persoonlik met die plaaslike polisie te skakel om uit te vind waarom die onwettige jag met honde nie streng gepolisieer word nie.

Dit volg na die VF Plus kapsie gemaak het teen die feit dat onwettige jagbendes amok saai onder plaasgemeenskappe regoor die provinsie en plase stroop deur bykans enigiets wat beweeg, dood te maak. Tog tree die polisie nie op nie.

Verskeie sulke jagvoorvalle het in die Mkhondo-plaaslike munisipaliteit (Amsterdam, eMkhondo / Piet Retief) voorgekom.

In die mees onlangse geval het die polisie botweg geweier om die grondeienaars by te staan nadat oortreders met sowat 30 uitgehongerde honde verskeie bedreigde spesies wildsbokke op hul eiendomme onwettig gejag het.

Daar is selfs op die grondeienaars geskiet, maar nie eens toe het die polisie ‘n verskyning gemaak nie en het ook geweier om enige saak te open nadat dit aangemeld is.

Dit was ‘n plofbare situasie met twee gewapende groepe wat mekaar in die gesig staar, met die polisie wat nie optree nie.

Die VF Plus neem sterk standpunt in teen hierdie wrede praktyk van jag en doen ‘n ernstige beroep op die polisie om boere by te staan in hul stryd teen hierdie misdaad eerder as om weg te kyk.

Grondeienaars is gefrustreerd met die onsuksesvolle vervolging van oortreders wat op hul eiendom betrap word.

Boere en grondeienaars wil die polisie se hand in die stryd teen onwettige jag versterk.

As dit nie vinnig aangespreek word nie, sal onwettige jag met honde ’n verwoestende uitwerking op die wild- en toerismebedryf hê.

Hierdie praktyk het reeds gelei tot ‘n aansienlike afname in die bevolking van verskeie spesies. Veral opvallend is dat die praktyk die bestaan van die Oribi, steenbok, bloukraanvoël en ander kraanvoëlspesies bedreig.

Die VF Plus raai grondeienaars aan om die volgende te doen wanneer onwettige jagters en hul honde teengekom word:

• Plaas ‘n kennisgewingbord wat sê dat dit privaat grond is en dat enige toegang sonder die eienaar se toestemming as betreding beskou sal word. Dit kan slegs by die ingang van die eiendom gedoen word en nie rondom die eiendom nie.
• Vermy enige konfrontasie, veral as jy alleen is.
• Probeer, indien moontlik, die honde vang en aan die DBV oorhandig. In Mpumalanga is dit onwettig om die honde te skiet.
• Waarsku die jagters dat hulle op jou grond oortree en dat jy die polisie sal bel indien hulle nie ’n permit kan wys nie of nie die eiendom verlaat nie.
• Meld enige verdagte aktiwiteit by die plaaslike polisiekantoor aan met ‘n duidelike beskrywing van enige besonderhede wat jy kan onthou en hou alle bewyse.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.