Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

EFF-burgemeesterskomiteelid in Wes-Rand-distriksmunisipaliteit verwyder

Die VF Plus verwelkom die verwydering van die EFF-raadslid, Leroy Legabe, as burgemeesterskomiteelid vir omgewingsake in die Wes-Rand-distriksmunisipaliteit op 1 Julie.

Dit volg ná Legabe en ander raadslede Maandag in ʼn woordewisseling betrokke geraak het tydens ʼn raadsvergadering waar ʼn item in komitee bespreek is.

Die VF Plus het tydens die vergadering dit duidelik gestel aan die speaker, Bethuel Munyai, dat die gedrag nie aanvaarbaar is nie en hy die raadslede in bedwang moet bring. Dit het nie gebeur nie.

Dit is nie die eerste keer dat Legabe by ʼn onaanvaarbare sitasie betrokke was nie. Hy is by ʼn vorige vergadering verwyder toe hy probeer het om ʼn glasbottel teen ʼn tafel stukkend te slaan.

Die VF Plus veroordeel die gebeure en glo in die ordelike verloop van ʼn vergadering en verskille wat by wyse van gestruktureerde gesprekvoering bygelê word.

Geen besluitneming kan gedurende ʼn wanordelike raadsvergadering geneem word tot voordeel van die munisipaliteit en sy inwoners nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.