fbpx
Vryheidsfront Plus

Departement van openbare werke kan nie gebruik word om land se werkloosheidsprobleem op te los nie

Die regering kan die nie departement van openbare werke gebruik om die land se werkloosheidsprobleem op te los nie. Die land het eerder ‘n kleiner en meer vaartbelynde departement nodig om sy werk meer effektief te doen, sê dr. Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus.

Dr. Mulder het vandag met die begrotingdebat van die departement gesê daar is geen manier hoe die departement werk aan die land se 6,9 miljoen werkloses kan verskaf nie.

Hy sê wat die land nodig het, is ‘n kleiner en meer effektiewe staat, maar die ANC is nie in staat om dit te lewer nie.

Dr. Mulder het ook na die Nkandla-sage verwys en die minister daarop gewys dat die departement ‘n baie slegte beeld het, juis as gevolg van hierdie soort ervaring wat Suid-Afrikaners van die departement het.

Oor die departement se sogenaamde omkeerstrategie het dr. Mulder aan die minister gevra waarom byna elke departement in die regering en byna elke staatsentiteit ‘n omkeerstrategie nodig het omdat dit misluk het oor die laaste twintig jaar.

“Hoe op aarde kry julle dit reg?” het dr. Mulder gevra.

Kontaknommers: 083 626 1497 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.