Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Clive Derby-Lewis sterf na 16 maande op mediese parool, Shaik speel na jare steeds gholf

Die VF Plus betuig sy simpatie met die vrou en familie van Clive Derby-Lewis wat vandag oorlede is.

Derby-Lewis se dood het nou bewys dat die toestaan van mediese parool in sy geval geregverdig was in teenstelling met dié van Schabir Shaik wat byna agt jaar gelede (op 3 Maart 2009) ook mediese parool gekry het weens terminale siekte, maar steeds gholf speel.

Shaik het net 28 maande van ‘n vonnis van vyftien jaar uitgedien.

Derby-Lewis is op 5 Junie 2015 op parool vrygelaat en is nou skaars 16 maande later oorlede. Dit wys duidelik hoe onbillik dit was van die minister van justisie en korrektiewe dienste, Michael Masutha, wat talle aansoeke om mediese parool van Derby-Lewis nie wou toestaan nie en deur ‘n hof verplig moes word om dit te doen.

Hoewel die VF Plus nie saamstem met Derby-Lewis se dade nie, bly dit hartseer vir ‘n familie wat ‘n geliefde aan die dood moet afstaan.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.