fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC wys met besluit om te onttrek aan Internasionale Strafhof hy het morele koers verloor

Die ANC -regering het nou sonder twyfel gewys hy het sy morele kompas verloor het en dat hy in selfdienende etos wegstuur van menseregte wat veral in Suid-Afrika so broodnodig is, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor justisie.

Adv. Alberts het in reaksie op die regeringsbesluit om te onttrek aan die Statuut van Rome van die Internasionale Strafhof gesê nie net die staat is gekaap nie, maar ook die hart en siel van die ANC wat in ‘n orgie van selfverryking besig is om die land te vernietig.

Hy sê Suid-Afrika het met die ondertekening van die Statuut van Rome gespog dat hy een van die eerste state is wat hom internasionaal daartoe verbind om vergrypers van menseregte, veral staatshoofde, te vervolg en in hegtenis te neem.

“Hierdie verbintenis het Suid-Afrika ‘n besondere status gegee as ‘n verantwoordelike internasionale burger. Dit was ook in lyn met die ANC se verhaal dat hulle Suid-Afrika bevry het en regeer tot voordeel van almal, binne en buite Suid-Afrika. Die ANC het egter nie gedink dat daar ‘n dag sou kom wat sy belofte getoets sou word nie.

“Toe hierdie praatjies met morele daad uitgevoer moes word, het die ANC skouspelagtig misluk. Die regering moes besef het dat Omar al-Basjir met die internasionale lasbriewe teen hom nie na die land genooi kon word nie. Tog is dit gedoen.

“Die regering moes weet dat hulle hom ingevolge die ooreenkoms met die Strafhof in hegtenis moes neem, toe help hulle hom ontsnap. Die ANC moes weet dat hy tot verantwoording geroep sou word weens sy verbintenis tot die internasionale ooreenkoms, tog is ‘n moreel-onverdedigbare koers ingeslaan.

“Die skyn van ‘n regering wat ‘n masker van heilige moraliteit aan die wêreld wou voorhou het nou weggeval. Die ware gesig is een van oneerlikheid. Alles was ‘n blote blufspel.

“Van nou af sal die ANC geen morele basis hê om die verlede te blameer nie. Dit is van nou af duidelik dat die probleme wat die land in die gesig staar geskep is deur die ANC wat regeer met ‘n gekaapte hart en siel, verkoop aan Mammon in al sy Gupta-verskyningsvorms,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.