Die ANC is onverantwoordelik om Brandfort se naam te wil verander terwyl daar veel belangriker diensleweringsprioriteite is.
Die naamsverandering is niks anders nie as ‘n verkiesingsfoefie om die aandag weg te skuif van swak dienslewering.
Die VF Plus het ‘n griefskrif geloods om inwoners in staat te stel om elektronies beswaar aan te teken ingevolge die Wet op die Raad vir Suid-Afrikaanse Geografiese Name.
Besware kan tot en met 4 September 2021 gelig word.
Inwoners van Brandfort gaan gebuk onder swak dienslewering.
Die voorgestelde naamsveranderinge sal onaanvaarbare finansiële gevolge vir alle sfere van die regering inhou. Die verandering sal geensins bydra tot armoedeverligting, infrastruktuurontwikkeling of plaaslike ekonomiese groei nie.
Intussen misken die ANC-regering die geskiedenis en ontwikkeling van die dorp met die voorgestelde naamsverandering.
Dié naamsverandering sal ‘n verbreking wees van die ooreenkoms in 1994 dat munisipaliteite nuwe name gegee word terwyl dorpe en stede se name behoue bly.
Daarom word die munisipaliteit Masilonyana genoem en bly die naam van die dorp Brandfort behoue as erkenning aan en ‘n gelyke uitbeelding van die geskiedenis en ons diversiteit.
Die VF Plus se griefskrif kan by https://vfplus.nationbuilder.com/petisie_brandfort geteken word.


