fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus tree uit debat wat platform gee aan rassisme en wetgewer-reëls verbreek

Die VF Plus het Vrydag geweier om aan 'n debat deel te neem wat reëls 53 en 38 van Mpumalanga se provinsiale wetgewer verbreek het en tot verskeie rassistiese en ongegronde aantygings teenoor die wit landbou-gemeenskap in die provinsie gelei het.

Die ANC se provinsiale hoofsweep, Fidel Mlombo, het die twee hangende hofsake aangaande die Pampoenkraal-voorvalle in Mkhondo (Piet Retief) gebruik as platform vir sy debat waarin hy dit as 'n feit gestel het dat twee mans deur "hartelose wit boere doodgeskiet is" en dat die Mpumalanga-boeregemeenskap sy werknemers "wreed martel".

Reël 53 stel dit duidelik dat geen hangende saak in die wetgewer bespreek mag word nie. Aangesien daar nog geen feite-bevinding of uitspraak in die Mkhondo-sake gemaak is nie, het Mlombo dus die huis met sy stelling mislei.

Ten spyte daarvan dat die VF Plus 'n punt van orde gevra het en die reëls uitgewys het aan die speaker, Makhosazane Masilela, het sy toegelaat dat beide die ANC en die EEF die Mkhondo-hofsake as die basis vir hul debatvoering gebruik.

Dit is uiters onverantwoordelik en onaanvaarbaar van enige politieke party om skeiding tussen Suid-Afrikaners met sulke uitlatings aan te hits en dit blyk 'n taktiek te wees om die veldtog van onteiening sonder vergoeding een stap verder te neem.

Sulke onverantwoordelike uitlatings om goedkoop politieke punte aan te teken met die oog op die komende plaaslike verkiesing, het verreikende gevolge aangesien die massas nie begrip of geduld het vir wetlike prosesse nie.

Die VF Plus gaan 'n mosie indien om uit te vind hoe dit moontlik is dat die reëls van die wetgewer so blatant verbreek kan word.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.